Wedstryde gespeel in 2017:   Lejweleputswa Skaakliga vir Sêkondere Skole, Sirkel 2.  Die skole waarteen ons gespeel het, is:  Afrikaanse Hoërskool Kroonstad – Bloues wen;  Dunamis Christian School – Bloues verloor;  Ficksburg Hoërskool – Ficksburg het vervoerprobleme en gee punte oor;  Hentie Cilliers Hoërskool – Wedstryd word nie gespeel nie en punte word gedeel.

Ons eindig tweede in die sirkel, en gaan dan nie verder met ligawedstryde nie, aangesien slegs die wenners van die sirkel aan verdere kompetisie deelneem.