Blouskoolleerders neem jaarliks aan die gewilde spelfees deel en presteer baie goed.

Bloues is bobaas met die a, b en die c.

Die leerders van die Hoërskool Kroonstad het weereens puik gevaar in die distrikskompetisie van die WOW-spelfees wat op Maandag, 30 Julie 2018 by Sentrale Volkskool aangebied is. Die volgende leerders het onder die eerste ses spellers geëindig en daarmee na die Vrystaat Provinsiale kompetisie wat op 30 Augustus 2018 in Bloemfontein by die Laerskool President Brand gaan plaasvind, deurgedring.

Graad 8 
Carla Crous
Madison Weyer
Elana Marx

Graad 9 
Chanél Morgan
Chelani Brink
Bernd Nel

Graad 10 
Karla van der Westhuizen
Chantal Kruger
Henco Weideman