Kinders is ons besigheid – kwaliteit is ons leuse! 

VISIE 

Die Hoërskool Kroonstad streef as dinamiese, sosiaal-sensitiewe sekondêre onderwysinstansie, na hoë opvoedkundige standaarde in die hartland van die Vrystaat.

MISSIE 

Die Hoërskool Kroonstad lewer met kundige personeel en gemotiveerde leerders gehalte akademiese, tegniese en landbou-onderrig. Deur middel van die skool se omvattende buitemuurse program, voorsien dit in die kennis- en ontwikkelingsbehoeftes van die breër gemeenskap. As Christelike waarde-gedrewe skool, streef ons na die algehele potensiële ontwikkeling van al ons leerders.