Jukskei: Bloues se 0/19 meisies het uitstekend presteer tydens die SA Skole kampioenskappe in Polokwane die afgelope vakansie

Dubbels – 4de
Trips – 1ste
Spanwedstryde – 1ste

Gesamentlik eindig hulle 3de in die Suid-Afrika.

Hoërskool Kroonstad se span word ook genomineer vir die “Secondary school team of the year” in die Vrystaat. Dit is die eerste keer wat Blouskool daarvoor genomineer word.

Voor: Karla van der Westhuizen, Ynez Pretorius, Marichane Hendriks

Agter: Mev. Marietjie Herbst (afrigter), Ju-marie Swanepoel, Suné Grobler, mev. Jorinda Swanepoel (afrigter/spanbestuurder)