Die Jeugskou kweek ‘n omgee en verantwoordelike houding in jongmense teenoor diere.  Jongmense leer om ‘n geskikte dier te selekteer, op te lei, voor te berei vir die ring en te vertoon tot die beste voordeel van die dier.

Kompetisie van die Jeugskou bestaan uit die volgende afdelings:

  • Omgee en gemak van die dier tydens die skou (beskikbaarheid van voer en water, netheid van stal ens.
  • Kennis van die dier se behoeftes en praktiese aspekte van opleiding en voorbereiding.
  • Voorbereiding van die dier vir die skouring (was, borsel, versorging van hoewe ensomeer).
  • Skoumanskap in die ring.

Daar word in die volgende klasse deelgeneem:

Suiwelbeeste
Melkbokke
Wolskape
Sierduiwe
Wedvlugduiwe
Hoenders
Konyne
Suiwelbereiding
Kulinêre Kuns

Die skool is aktief betrokke by die Jeugskou. 

Die Jeugskouklub van die skool bied jaarliks  drie Jeugskou Kampioenskap aan, naamlik, die Lantiesfees Jeugskou, die Vrystaat Jeugskou Kampioenskap asook die Bloues Jeugskou Kampioenskap. 

Personeel en ouers van die skool is aan die stuur van sake van die Vrystaat Jeugskou bestuur.  Die skool het in 2013 met groot welslae die Nasionale Jeugskou Kampioenskap by die boerdery aangebied.  Die betrokke skou het die meeste deelnemers tot op hede opgelewer. 

Die skool spog jaarliks met ‘n groot aantal Jeugskoudeelnemers in die Vrystaat Jeugskouspan. 

Die skool het oor die jare Nasionale Jeugskoukampioene opgelewer in die volgende klasse:  Perde, Suiwelbeeste, Vleisbeeste, Wolskape, Varke, Sierduiwe, Konyne en Kulinêre kuns.

Vrystaat Jeugskou 2018

Uitslae van Bloues wat deelgeneem het:

PERDE (Junior 0/14) 1 ste: Ilanie Klopper PERDE (Senior 0/18) 1 ste: Elmay Klopper 2 de: Toit le Roux VLEISBEESTE (Junior 0/14) 2 de: Marius Kruger 3 de: Johan Visagie VLEISBEESTE (Senior 0/18) 1 ste: Ané Kleynhans 2 de: Danelle de Vos 3 de: Conraad Rossouw VARKE (Senior 0/18) 1 ste: Tiaan van der Walt 2 de: Jaco Hancke WOLSKAPE (Senior 0/18) 1 ste: Callie Hancke SIERDUIWE (Senior 0/18) 1 ste: Ju-Marie Swanepoel WEDVLUGDUIWE (Senior) 1 ste: Ruané Cilliers HOENDERS (Seniors 0/18) 2 de: Louw Erasmus KONYNE (Senior 0/18) 2 de: Leané Marais 3 de: Joubert Oelofse

Vrystaat Jeugskouspan 2018

Die volgende Bloues word verkies vir die Vrystaat Jeugskouspan. Hulle sal gedurende 30 September tot 3 Oktober 2018 deelneem aan die Nasionale Jeugskou Kampioenskappe te George. JUNIORS (0/14) Ilanie Klopper Marius Kruger Johan Visagie SENIORS (0/18) Ruané Cilliers (Onttrek) Danelle de Vos Louw Erasmus Callie Hancke Jaco Hancke Kevin Jardim Ané Kleynhans Elmay Klopper Toit le Roux Leané Marais Joubert Oelofse Conraad Rossouw Ju-Marie Swanepoel Arno Swart Tiaan van der Walt Gerhard van Zyl (Onttrek)