INLEIDING TOT INGENIEURSGRAFIKA EN -ONTWERP (IGO)
Ingenieursgrafika en -ontwerp (IGO) onderrig internasionaal erkende beginsels wat beide akademiese en tegniese toepassings het.
Die klem in IGO is om spesifieke basiese kennis en verskeie tekentegnieke en -vaardighede te onderrig sodat die IGO-leerder in staat sal wees om tekeninge te kan interpreteer en te produseer in die konteks van Meganiese Tegnologie, Siviele Tegnologie en Elektriese Tegnologie.
Die Hoofonderwerpe van IGO:
• Basiese tekenbeginsels vir ALLE tegnologiese tekeninge
• Vryhandtekeninge
• Instrumenttekeninge
• Eerste- en derdehoekse ortografiese projeksies
• Beskrywende meetkunde en vaste liggame
• Meganiese werktekeninge
• Siviele werktekeninge
• Isometriese tekeninge
• Perspektieftekeninge
• Elektriese diagramme
• Deurdringings en ontwikkelinge
• Lokusse van helikse, nokke en meganismes
• Die Ontwerpproses
• ROT (Rekenaarondersteunde Tekeninge) /”CAD”
Die spesifieke oogmerke van IGO is om die volgende te onderrig:
• Grafiese tekeninge as die primêre wyse van kommunikasie in die tegnologiese wêreld
• Spesifieke basiese inhoud en begrippe in die konteks van Meganiese Tegnologie, Siviele Tegnologie en Elektriese Tegnologie
• Verskeie instrument- en vryhandtekentegnieke en -vaardighede
• Die oplos van tegnologiese probleme deur middel van grafiese tekeninge
• Die toepassing van die Ontwerpproses
• Die implementering van ROT (Rekenaarondersteunde Tekeninge) /”CAD” as ‘n tekenmetode.
IGO bied die fundamentele kennis en tekenvaardighede wat nodig is vir die volgende beroepsmoontlikhede:
• Argitektuur
• Die meeste Ingenieursrigtings (bv. Siviel, Meganies, Lugvaart, Landbou, Mynbou, ens.)
• Mediese tegnikus
• Industriële ontwerper
• Binnehuise ontwerper
• Landskapargitek
• Bourekenaar
• Boubestuur
• Stadsbeplanner
• Landmeter
• Onderwyser
• Grafiese illustreerder
• Juwelierontwerper
• Modelbouer (skaalmodelle)
• Tekenaar (bv. Staalstruktuur, Argitektonies, Siviel, Ontwerp, Elektries, ens.)
• Tegnikusse
• Die meeste vervaardigers
• Die meeste ambagsmanne
• ROT/”CAD” stelseloperateur