Die koshuis beskik oor ‘n eie identiteit deurdat ‘n vlag, naambord en koshuishemp vir die koshuis gemaak is.

Die gr 8 en 9-seuns word in die koshuis gehuisves.  .

Voorsiening word ook gemaak dat dagskoliere ‘n middagete @ R40 kan gaan eet en daarna huiswerk in die studiesaal kan doen. 

Die koshuis het ‘n swembad, poeltafel, TV-lokaal, watersuiweraar en eie braaigeriewe.

Studie beloop 2 tot 3 ure per dag.  Inspeksies en Bybelstudie maak ook deel uit van die daaglikse roetine.