Bloues op Kultuur / Bloues on Culture

Die BOK ( BLOUES OP KULTUUR)- fees was ʼn groot sukses.  Baie dankie aan almal wat deel was van die beplanning en die uitvoering van klein takies, veral dankie aan die entoesiastiese deelnemers.

Die doel van die fees was om leerders bloot te stel aan al die kultuuraktiwiteite wat ons skool aanbied, asook om Kroonstad in te lig oor wat die Hoërskool Kroonstad doen om leerders blootstelling te geen aan UBUNTU en die belangrikheid van nasie bou.

Die BOK-fees was ʼn suksesvolle fondsinsameling  wat gaan bydra tot die bou van kultuuraktiwiteite. 

Ons sien uit daarna om ʼn groter, beter BOK-fees as ʼn jaarlikse instelling op BLOUES se kalender te sien.