Afri-Blou, Bloues se ATKV-Jeugtak, stel dit ten doel om die Afrikaanse Kultuur in Bloues se multikulturele omgewing te bevorder. Dit word gedoen met groot respek teenoor ander kulture.
Die ATKV-jeugtak se kultuurfokusse is: onderwys, taal, kunste en gemeenskap.
Onderwysprojekte het die ondersteuning en motivering van opvoeders, leerders en ouers ten doel.
Taalprojekte verwys na die geskrewe en gesproke taal. Kultuur-projekte behels skeppende en uitvoerende kunste. Gemeenskapsprojekte verwys na die omgewing,sosiaal-maatskaplike aspekte en gesinswaardes.
Alle leerders wat graag by hierdie projekte betrokke wil raak kan enige van die bestuurslede kontak. Die ledegeld beloop R60 per jaar.