Matriekuitslae 2019

Justin Pieters - 6 onderskeidings

Mofate Leopeng - 5 distinctions

Bloues trots op 2019-Matriekklas!
Die matrikulante van die Hoërskool Kroonstad het in die 2019-eindeksamen goed gevaar. 92.6% het die NSS-eksamen geslaag. 67 leerders het toelating tot ‘n universteit van hul keuse gekry en 37 kan ‘n diplomakursus by enige tersiêre inrigting volg. Al die matrikulante kan verder gaan studeer. Dit is ‘n skitterende prestasie gesien in die lig dat 135 kandidate hul uitslae ontvang het.
Die Graad 12 Dux-leerder, Justin Pieters spog met 6 onderskeidings in Wiskunde, Lewensoriëntering, Fisiese Wetenskappe, Ingenieursgrafika en -ontwerp. Addisionele Wiskunde en Elektriese Tegnologie. Kort op sy hakke is Mofate Leopeng wat ook 5 onderskeidings agter haar naam kan skryf. Die vakke waarin sy uitgeblink het, is: Wiskunde, Rekeningkunde, Lewenswetenskappe, Fisiese Wetenskappe en Lewensoriëntering.
Vier leerders, by name; Suné Grobler, Otloleng Mabale, Candice Smit en Elmar van Aardt het drie onderskeidings elk behaal. Vyf leerders het elk twee onderskeidings verwerf. Bloues spog met ‘n oes van 78 onderskeidings.
Die skoolhoof, mnr. Drinkwater sê die leerders wat deur die jaar hard gewerk het en toegewyde onderwysers wat ekstra klasse aangebied het, dra by tot hierdie uitslae. Die skool is ook slaggereed om die 2020-matrikulante sommer baie gou in die regte gesindheid vir die jaar te kry.
Ons wens elke suksesvolle matrikulant ‘n wonderlike toekoms toe

"Well done"-funksie toekennings

During the "Well done function" for best performing teachers (matric 2018 results) in the Fezile Dabi district held on Saturday. Blouskool walked away with a number of 1st Best Performing Awards. Congratulations to the following teachers: Mr. Frikkie van Zyl - Agricultural Sciences Miss Jeanette Nel - Life Sciences Mr. William Drinkwater (Principal) receiced the Gold Award for Blouskool. Miss Nelmarie van Niekerk - Consumer Studies Mr. Willie Wiese on behalf of mr. Maynard Kumm - Mechanical Technology. Absent: Miss Gerda Badenhorst - Life Sciences Mr. Maynard Kumm - Mechanical Tegnology